Pret in ‘n Pot – Geel Speelklei

R65,00

Geel Speelklei – Pret in ’n Pot

Klein handjies. Groot verbeelding. Eindelose pret! 

Ontdek Pret in ’n Pot – kreatiewe speelpotjies van KarooKids, spesiaal gemaak vir klein handjies wat daarvan hou om te rol, bou, vorm en speel!

Elke potjie bevat sagte, vormbare speelklei waarmee kinders hul eie klein wêreldjies kan skep. Ons tema: Konstruksie – Bou bakstene, konstruksie items, rol & vorm enige iets om klein handjies besig te hou!

Hierdie speelklei nooi kinders uit om te ontdek, te skep en hul verbeelding te gebruik.

Elke houertjie bevat 250g speelklei. Dit kan maande hou indien dit goed verseël bly.

Waarom Pret in ’n Pot?

• Stimuleer kreatiwiteit en verbeelding
• Help met fynmotoriese ontwikkeling
• Bevorder hand-oog-koördinasie
• Ideaal vir sensoriese en oop-einde spel
• Temas wat kinders se belangstelling prikkel
• Perfek vir speeltyd by die huis, reis of as ’n spesiale geskenkie

GEEL SPEELKLEI!

Letterlik: Pure vreugde en plesier in ‘n pot!

KarooKids – Pret met klein handjies. 

Aanbeveel vir kinders 1 jaar en ouer. Gebruik altyd onder volwasse toesig. Nie eetbaar nie.

 

 

Category: