Meer oor ons

Die hart agter Karookids:

Hi, ek is ’n Mamma van twee pragtige (en baie besige) kinders, ‘n grondslagfase onderwyser asook ‘n doodeenvoudige mens wat glo daarin dat kinderjare gevul moet moet wees met nuuskierigheid, kreatiwiteit en vreugde.

KarooKids is gebore uit my eie reis as ouer. Toe my seuntjie klein was, het ons gedink hy het ’n spraakvertraging. Met die begeerte om hom op elke moontlike manier te ondersteun, het ek myself toegewy aan leer, skep en alles doen wat ek kon om hom te help groei. Later het ons besef dat die uitdaging nie sy spraak was nie, maar probleme met sy oortjies. Tog het daardie seisoen alles vir ons gesin verander en die saad vir KarooKids geplant.

Deur hierdie reis het ek besef hoe kragtig LEER deur SPEL werklik is.

Vandag is KarooKids ’n ruimte gevul met ‘n volledig toegeruste e-boek met 12 avonture, resepte en idees om klein handjies te help leer,groei, ontwikkel en besig te hou. Ons aanlyn winkel het verskillende klei wat gekoop kan word asook sensoriese sakkies vol verrassings alles om van kleins af ontwikkeling te laat plaasvind. Al ons produkte, fokus op praktiese leer, kreatiwiteit en verbinding, om alledaagse oomblikke te gebruik om klein breine te laat groei en ontwikkel..

By KarooKids glo ons dat spel die plek is waar leer begin en dat kinderjare altyd ’n vreugdevolle ervaring moet wees.

Besoek gerus ons aanlynwinkel vir al ons produkte en vele meer wat op pad is.

Mors bietjie, speel bietjie, leef ‘n bietjie meer.